Bretons Brezhoneg | ||
---|---|---|
Uitspraak: | [bʁeˈzõːnɛk], [brəhõˈnek] | |
Gepraat in: | Frankryk | |
Gebied: | Bretagne | |
Totale sprekers: | 300 000[1] | |
Taalfamilie: | Indo-Europees Kelties Eiland-Kelties Britonies Bretons | |
Skrifstelsel: | Latynse alfabet (Bretonse variant) | |
Amptelike status | ||
Amptelike taal in: | ||
Gereguleer deur: | Ofis Publik ar Brezhoneg ("Kantoor van Bretons") | |
Taalkodes | ||
ISO 639-1: | br | |
ISO 639-2: | bre | |
ISO 639-3: | bre | |
Nota: Hierdie bladsy kan IFA fonetiese simbole in Unicode bevat. |
Bretons of Bretoens (Brezhoneg, [bʁe.ˈzõː.nɛk], Eiland-Keltiese taal, wat ondanks die klassifikasie, in Armorika op die vasteland in die weste van Frankryk gepraat word. Die taal stam dan ook nie af van Gallies nie, maar het ontstaan uit Kornies en ander tale op die Britse Eilande. Tydens die Angel-Saksiese invalle in Britannië teen die begin van die 5de eeu vlug 'n groot aantal Kelte onder die leiding van hul monnike en stamhoofde na Armorika. Hulle neem die taal van Cornwall grotendeels mee en vermeng dit met die Kelties wat in Gallië gepraat is.
) is 'n'n Persoon wat Bretons praat is voorheen in Frans "bretonnante" genoem, maar in die afgelope aantal jare het die term "brittophone", sy verskyning gemaak en word dit soms gebruik. Bretons word hoofsaaklik in die Weste van Bretagne gepraat (begrens deur 'n lyn tussen Saint Brieuc in die Noorde en Vannes (Bretons: Gwened) in die Suide). Sprekers in Bretagne kan in twee gedeel word: Die wat Bretons praat in Neder-Bretagne (Bretons: Breizh Izel) en die wat Gallo praat in Opper-Bretagne (Bretons: Breizh Uhel). Gallo is 'n klein taal wat van Latyn afstam, en dus Romaans is en nie Keltiese nie, net soos Frans.
Bretons was die taal van die elite tot die 12de eeu, waarna die adel, na hulle mening stylvoller Frans, as standaardtaal verkies. As geskrewe taal word in Bretagne, wat tot die 16de eeu steeds 'n sekere mate van onafhanklikheid geniet, Latyn gebruik, vanaf die 15de eeu wen Frans egter ook op die terrein.
Daar bestaan tans 'n mate van omstredenheid tussen ondersteuners van die Bretonse omgangstaal (Frans: Breton populaire) en ondersteuners van 'n verenigde of standaardtaal.